My Ingelegde Aartappelslaai & Sousbone
- Naomi le Roux
- Jun 24, 2015
- 2 min read

3 kg Aartappels,
2 x 750 g "tangy" Mayonnaise,
2 Blikke Kondensmelk,
3 Groot uie gekap (opsioneel) (ek het nie uie in my slaai gesit nie. Naomi)
Paar knoffel sprietui, opgesny (opsioneel)
Sout en peper
2 e Dijon mosterd (opsioneel)
Metode:
Kook die aartappels met die skil tot sag maar nie pap. Staan maar die rukkie en toets jou aartappels
Gooi water af en laat die aartappels afkoel. Trek skille af en sny in blokkies...-
OF.. skil dit af en sny in blokkies en kook dan op.
Sous:
2 e (30 ml) Dijon mosterd -of enige aangemaakte mosterd van jou keuse. (opsioneel) saam met die Mayonnaise, kondensmelk, uie en sprietui in ander kastrol en verhit.
Voeg sout en peper by na smaak.
■ Sit aartappels by die warm Mayonnaise-mengsel en prut net deur,
Giet in warm gesteriliseerde flesse en verseël dadelik
Die bottels kan tot 2 maande op 'n koel plek gehou word.
NS. ■ Die aartappels is te veel vir een pot. Verdeel die sous en die gaar aartappelblokkies in twee potte en gaan dan soos bo te werk. “Naomi”
*******************************
SOUSBONE-RESEP
500 g Lion's of Imbo suikerbone
Soek al die klippies en vuiligheid uit die bone en laat dit oornag staan in warm water.
>>>
1.. Spoel die bone af en bring pot met kouewater oor bone tot kookpunt. Bring die hitte af en kook verder vir een uur. Vul aan met kookwater indien nodig.
2..Spoel dit weer af en giet weer skoon water oor en kook dit tot sag, dat
as jy dit met jou vingers druk dit sal breek. Vul aan met kookwater as die water te min is.
>>>
3.. Giet 125 ml wit spirits asyn en
500 ml wit suiker by en kook dit verder tot sag.
>>>
4.. NB: Moenie sout byvoeg nie, dit sal die bone hard maak.
Vat die mash drukker en druk van die bone effe fyn, nie alles nie.
5.. Die bone moenie droog gekook wees nie... daar moet 'n lang sous wees.
Die fyngedrukte bone vorm 'n lekker dik sous. Pasop vir brand.
6.. Bottel warm in gesteriliseerde flesse/bottels. Sodra jy jou bone oopmaak kan jy bietjie sout byvoeg en dit deur roer.
>>>
NS:
Hierdie bone het besonder sag en lekker gekom. Ek het vars droë boontjies
gekoop. Droë bone wat lank in jou koskas lê en oud word, kan jy maar
sop mee kook... nie geskik vir sousbone.
Sousbone en Aartappelslaai gekook op 20/11/2013 en baie weer daarna.
Baie lekker
Comments