OLIE PASTEI KORS
- Boerekostwist
- Jun 24, 2015
- 1 min read

My skoonma was Ria (Bets) Pienaar, oud Duitse onderwyseres by Afrikaans Hoër Meisies skool vir jare.
Sy het tot sy 70 was nog skool gehou en vakansie tye het sy hierdie vinnige pastei degie gemaak.
Daar was altyd pasteitjies vir al die honger klein kinders wat op die plaas kom kuier het.
My man hulle is 5 kinders en tussen ons almal is daar ‘n totaal van 15 kleinkinders!
Almal was elke vakansie hier op die plaas.
Vandag is sy nie meer met ons nie en die oudste kleinkind maak matriek hierdie jaar.
Tyd het gevlieg maar hierdie resep het die toets van tyd in die Pienaar familie deurstaan.
RESEP
7 kop koekmeel
3 el bakpoeier
1¼ kop olie
1 tl sout
350 ml of meer water - eie oordeel
METODE
1. Hier is die lekker deel van die resep, jy maak skaars jou hande vuil!
Neem ‘n groot genoeg sakkie om al die bestanddele in aan te maak.
2. Sif vooraf die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
3. Plaas in sakkie en voeg die olie by en knoop toe.
Vryf die bestanddele totdat al die olie met die meel gemeng is.
4. Voeg nou die water by en vryf die sakkie weer totdat die deeg goed gemeng is en geen meel meer sigbaar is nie.
5. Verkoel die deeg vir 1 uur.
6. Rol 5 mm dun uit en sit vulsel in.
7. Bak klein pasteitjies vir 25 - 30 minute by 190 ˚ C of totdat dit mooi goudbruin is.
8. Groot pasteie 45 - 60 minute by 180 ˚ C.
HOEVEELHEID: 100 klein vleis rolletjies.
BRON: Ria Pienaar.
Comments