top of page

ROLO-KOLWYNTJIES

  • Huisgenoot
  • Jun 24, 2015
  • 1 min read

rolo kolwyntjies.jpg

Lewer 36 kolwyntjies

Bereiding: 25 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

KOLWYNTJIES

250 ml (1 k) melk

90 ml (6 e) kakao

250 ml (1 k) olie

8 eiers

500 ml (2 k) strooisuiker

10 ml (2 t) vanieljegeursel

875 ml (3½ k) koekmeel

20 ml (4 t) bakpoeier

knippie sout

200 g (4 x 50 g-stafies) Rolosjokolade

45 ml (3 e) room (opsioneel)

VERSIERSEL

250 ml (1 k) room, verkoel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

ekstra Rolo-sjokolade

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Vul die holtes van muffinpannetjies met papierbakkies.

1. KOLWYNTJIES

Verhit die melk en roer die kakao by tot goed gemeng. Roer die olie by.

2. Klits die eiers en strooisuiker tot lig en dik en klits die vanieljegeursel by.

3. Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel.

Meng in.

4. Skep die papierbakkies driekwart vol. Bak sowat 15 minute tot ferm in die middel.

5. Sny ’n tonneltjie in die middel van elk. Behou die uitgesnyde stukkies koek.

6. Smelt die sjokolade en room. Skep ’n bietjie in die holte. Plaas die koekstukkies

terug.

7. VERSIERSEL Klits die room styf en vou die karamelkondensmelk by.

8. Smeer oor die kolwyntjies. Rond af met ekstra stukkies sjokolade indien verkies.

Jy kan ook die Rolo-stukkies binne-in elke kolwyntjie druk voor jy dit bak.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page