SJOKOLADE FUDGE KOEK Nr 2
- Submitted by: Naomi le Roux
- Jun 24, 2015
- 2 min read

Ek het hierdie koek Maandag middag gebak in 'n 2 liter oondpan en dit ook daarin versier... want ek sou gaste gekry het vir Dinsdagmiddag om 3 nm.
>>>
Bestanddele:
2 k koekmeel
4 t bakpoeier
2 k suiker
1 k kakaopoeier
200 g sagte botter/margarien
3 eiers, geklits
1 k melk
½ k olie
¼ t sout
>>>
Metode:
Oond 180°C.
Smeer 2 ronde koekpanne.
Metode:
Sif al die droë bestanddele... en meng deeglik met die ander bestanddele.
Klits baie goed. Deel die deeg in twee panne en bak 30 minute of tot gaar.
Laat rus vir 5 minute en keer uit. Laat heeltemal koud word. Versier dan die koek bo -en in die middel met die volgende versiering:
>>>
(Ek het gewone botterversiering gebruik want my gaste het nie opgedaag nie. Dit het vreeslik gereën en die pad was onbegaanbaar. Ek sit toe sommer hierdie botterversiereing op maar het net die sjokolade bo oor gerasper.)
Botterversiering:
125 g sagte Stork bake margarien
(die margarien wou nie sag word nie toe mikrogolf ek dit vir 'n paar sekondes.)
1 t vanieljegeursel
375 ml gesifte versiersuiker
100 ml Trumps kakao
3 e melk
>>
Metode:
Klits die margarien tot dit wit is.
Sif die droë bestanddele en voeg om die beurt met die melk by die margarien. Voeg die geursel by en meng goed. Smeer oor die koek.
>>>
Ek het toe maar die sjokolade oor die koek gerasper. Ons het vannaand die laaste twee stukke koek verorder. Dit is die lekkerste sjokkoek wat ek al geëet het. (Naomi)
>>>
Bolaag: (Oorspronklike koek)
Giet 315 ml room in 'n kastrol en laat warm word
Voeg 200 g donker sjokolade in blokkies gebreek, by.
1 t stroop, knippie sout en 1 t vanieljegeursel. Meng baie goed.
Laat die sjokolade koud word en versier die koek tussen-in en bo-op.
Bron: Die Besige Huisvrou.
Komentáre