Steak en tamatie tortillas
- Submitted by Vicky Muir
- Jun 24, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.
STEAK
300 g steak
sout en vars gemaalde swartpeper
5 ml (1 t) olie
TAMATIES
250 g kersietamaties
80 ml ( k) balsemiek asyn
45 ml (3 e) suiker
TORTILLAS
4 tortillas
20 g roketblare
Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.
Steak Geur die steak aan albei kante met die sout en peper en vryf die olie oor.
Verhit ’n pan tot baie warm en seël die steak aan albei kante.
Sit op die bakplaat en braai 3-6 min. in die oond.
Laat rus 5 min. en sny in skyfies.
Tamaties Sit die kersietamaties, asyn en suiker saam in ’n pan en roerbraai oor matige hitte tot die suiker gesmelt is.
Laat prut tot die asynmengsel begin verdik.
Tortillas Braai die tortillas vinnig in ’n pan, indien verkies.
Pak van die roketblare op elkeen, gevolg deur van die steakrepies, tamaties en ’n bietjie van die balsemiek sous.
Vou toe en sit dadelik voor.
Comentarios