top of page

Suurlemoen-jogurtkoek

  • Arina du Plessis
  • Jun 24, 2015
  • 1 min read

suurlemoen jogurt koek.jpg

Dié maklike resep is altyd ’n sukses.

Die koek rys hoog, het ’n wonderlike tekstuur en is heerlik net so, selfs net met ’n bietjie versiersuiker oorgesif. Maar hy leen hom ook uitstekend tot ’n deftige partytjiekoek – in dun lagies gesny met vulsels soos suurlemoensmeer, Italiaanse meringue of geklopte wit ganache tussen-in.

■ 3 ekstragroot eiers

■ 60 ml olie

■ Fyngerasperde skil en sap van 1 groot suurlemoen

■ 10 ml vanieljegeursel

■ 250 ml strooisuiker

■ 375 ml bruismeel

■ 250 ml dik volroomjogurt

Versiersel

■ 375 ml versiersuiker

■ Skeut vars suurlemoensap

■ Fyngerasperde suurlemoenskil of gekarameliseerde suurlemoenskyfies, om mee af te rond

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n losboomkoekpan van 22 cm goed met botter. Klits die eiers, olie, suurlemoenskil, vanieljegeursel en strooisuiker baie goed saam. Vou die meel by die eiermengsel in en voeg die jogurt en suurlemoensap by. Vou dit ook in, tot die mengsel glad is. Skep in die voorbereide pan en bak vir 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat vir 5-10 minute in die pan afkoel voordat jy die koek op ’n draadrak uitkeer om verder af te koel.

Sodra die koek afgekoel is, meng die versiersuiker met bietjie vir bietjie suurlemoensap tot ’n dik, gladde, smeerbare versiersel. Smeer bo-op die koek en laat dit effens teen die kante afloop. Rond af met ekstra fyngerasperde suurlemoenskil of skyfies gekarameliseerde suurlemoen. Bêre in ’n lugdigte houer en eet binne 4 dae op. Lewer 14-16 porsies.

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page