Vicky Muir se TUISGEMAAKTE KAASSMEER Mooiplaatsie Promosie
- Vicky Muir
- Jun 24, 2015
- 1 min read

800ml - 1l langlewe melk (hang af hoe styf jy dit wil hê)
250 gr botter
1 kg berg cheddar kaas
Sout en swart peper na smaak
Smelt solank botter in melk op med hitte in kastrol
Rasper kaas en roer saam met melk in die kastrol tot kaas gesmelt het en mengsel deeglik warm is.
Om lekker glad te kry sit ek my krag whisk in vir paar sekondes.
Bottel warm.
Kan variasies van jou keuse byvoeg, fyn biltong, fyn gaar spek, pepperdews, knoffel ens.

Comentarios