Estelle Laing Lucas se DIABETIESE WARM SJOKOLADE Mooiplaatsie Promosie
- Estelle Laing Lucas
- Jun 25, 2015
- 1 min read

Die winter is hier en daar is min goed so lekker as ñ koppie warm sjokolade na ñ lang dag nie. Maar ek is ñ pre diabeet, wat ñ probleem is. Toe maak ek my eie warm sjokolade wat diabeties veilig is.
ñ Beker melk ( ek meet dit af in die beker waaruit ek dit gaan drink )
2 en ñ halwe teel. kakao
jou gewone hoeveelheid koffie
1 teel. vanilla
+ - 1 teel. vla poeier ( pas die vla poeier aan by die hoeveelheid melk )
Dan sit jy dit in die mikrogolf totdat dit dik is. Gooi dan versoeter by na smaak. Dis baie lekker probeer dit gerus.

Commentaires