top of page

Randrekker Happies

  • Corne Liebenberg
  • Jun 26, 2015
  • 3 min read

Randrekker Happies.jpg

Vienna en kaasrolletjies (foto bo in die linkerkantste hoek)

Rol die deeg uit

Neem 'n middelslag bord en sny daarvolgens 'n sirkel uit die deeg.

sny die deeg sirkel in driehoeke soos 'n pizza. Ek sny 8 driehoeke in 1 sirkel.

Plaas 'n stukkie vienna op die breedste deel van die driekhoek.

Plaas 'n stukkie kaas voor die vienna.

Rol viena en kaas toe in die driehoek van die breedste na die smalste deel.

Verf met eiergeel en bak tot die kors bros en ligbruin is.

Boeliebief en uie wiele (foto net onder die vienna en kaasrolletjies)

Rol die deeg uit in 'n reghoek.

Maak 1 blikkie boeliebief fyn en meng met fyngesnyde uie en gerasperde kaas.

Smeer die vulsel oor die deegreghoek.

Rol die deeg en vulsel op.

"Plak" die kant met eierwit.

Sny wiele.

Verf met eiergeel en bak tot die kors bros en ligbruin is.

Aartappel, kaas en uie rolletjies (foto net onder die boeliebief wiele)

Rol die deeg uit in 'n reghoek.

Sny die reghoek in stroke van 6cm.

Meng kapokaartappel met fyngesnyde uie en gerasperde kaas.

Vorm die vulsel in 'n dun worsie.

Plaas die vulsel in die middel van elke strook deeg.

Rol die deeg toe oor die vulsel en plak die kant vas met eier wit.

Sny die lang rol in 3cm stukkies.

Verf met eiergeel en bak tot die kors bros en ligbruin is.

Worsrolletjies

Vulsel:

400g maalvleis / worsvleis of 'n mengsel

1 ui

1 groot aartappel

1 groot wortel

sout en peper na smaak

1/4 teelepel fyn naeltjies

1/4 teelepel neut muskaat

1/4 teelepel fyn koljander

Kook die wortel, aartappel en ui in bietjie water tot sag.

Voeg die vleis en geurmiddels by en stoom gaar.

Maak die mengsel fyn.... daar moenie meer vog in wees nie en dit moet soos 'n pasta wees.

Rol die deeg uit in 'n reghoek.

Sny die reghoek in stroke van 6cm.

Meng kapokaartappel met fyngesnyde uie en gerasperde kaas.

Vorm die vulsel in 'n dun worsie.

Plaas die vulsel in die middel van elke strook deeg.

Rol die deeg toe oor die vulsel en plak die kant vas met eier wit.

Sny die lang rol in 6cm stukkies.

Verf met eiergeel en bak tot die kors bros en ligbruin is.

Kaas en knoffel Kelke (foto langs die worsrolletjies)

Rol die deeg uit in 'n reghoek.

Sny die reghoek in stroke van 8cm.

Sny die stroke in vierkante.

Sy die vierkante in driehoeke.

Meng kapokaartappel met knoffelpoeier, groen kruie en gerasperde kaas.

Smeer die vulsel oor die driehoeke.

Rol die driehoek op om 'n kelk te vorm.

Plak die punte vas met eierwit.

Verf met eiergeel en bak tot die kors bros en ligbruin is.

Kaas handtertjies (foto bo in die regterkantste hoek)

Rol die deeg uit en druk sirkels / blommeties af met 'n drukker.

Vir die vulsel:

Maak 'n dik kaassous.

Smelt 2 eetlepels botter.

Voeg 2 eetlepels koekmeel by die gesmelte botter.

Voeg 1/2 kopppie melk bietjie vir bietjie by die meel en bottermengsel.

Voeg 1/2 koppie gerasperde cheddar kaas by.

Geur met sout en peper.

Plaas 'n klontjie vulsel in die middel van 'n deeg sirkel / blommetjie.

Verf die rand met eierwit en vou toe.

Druk die rand vas met 'n vurk

Verf met eiergeel en bak tot die kors bros en ligbruin is.

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page