FEESPAP
- Huisgenoot Digitaal
- Jun 27, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6-8 Mense
500 ml (2 k) mieliemeel
5 ml (1 t) olyfolie
2 uie, gekap
250 g spek, in stukkies gesny
250 g sampioene, gekap
175 g biltongroomkaas
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak.
1.Maak die mieliepap gaar volgens die aanwysings op die pak en laat afkoel.
2.Verhit die olie in ’n pan en braai die uie en spek tot die spek bros is. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Meng die roomkaas deur.
3.Skep ’n laag pap in die bak, gevolg deur ’n laag sampioenmengsel. Herhaal tot alles op is en eindig met ’n paplaag.
4.Sprinkel die kaas oor en bak sowat 20 minute tot die kaas gesmelt het.
Commenti