Sandra Wessels se VISGEREG Mooiplaatsie Promosie
- Sandra Wessels
- Jun 27, 2015
- 1 min read

Visgereg met kaas bo op. Kinders is baie mal daaroor en ek berei dit ten minste een keer per week voor. Baie maklik om te maak, as jy nie lus is vir kosmaak nie.
Vir 6 mense
2 blikkies tamatie pilchards vis
4 snye wit of bruin brood met `n bietjie om by kante in te sit waar nog oop is
blatjang na smaak
mayonaise na smaak
gerasperde kaas of gesnyde kaas wat klaar verpak is
1 eier
bietjie melk
knippie sout
Metode:
Terwyl jy die goed voorberei, skakel die oond aan op 180 grade celcius.
Meng die 2 blikkies tamatie pilchards vis in `n mengbak goed tot vis fyn is. Gooi blatjang en mayonaise na smaak in en meng weer goed. Eerste sit die snye brood op die bodem van die oondbak. Gooi dan die mengsel bo op die snye brood en daarna gooi baie kaas op as jy nie sliced kaas het om bo op te sit nie. Klits die 1 eier en bietjie melk met knippie sout saam. Gooi dit bo oor die inhoud in die oondbak. Wanneer oond reg is, sit die oondbak dan in vir so `n halfuur.

Comments