top of page

Stampmielies met vleis, aartappels en uie

  • Naomi le Roux
  • Jun 28, 2015
  • 2 min read

stampmielies.jpg

Stampmielies met vleis, aartappels en uie vir aandete... en hét hulle geëet. Ek het 'n bord vol oor gehad vir die volgende dag maar het dit toe maar vir die kinders gegee om te geniet... Hulle was al te vol hongerig vir daai biekie kos... lol.

Hier volg my resep:

Stoompot metode:

>>>

2 k stampmielies ( ek het nie die bone en stampmielies gekook soos gewoonlik nie... hierdie was heerlik sonder die bone.)

>>>

Ek het dit goed afgespoel en vir 4 ure in lou water laat staan.

Sit dit in jou stoompot met die water bo-oor die bone.

>>>

Daarby kom:

2 lourierblare (Bay Leaves)

2 uie opgesny

1 kg lam skenkelvleis of enige kookvleis goed afgespoel in asynwater. (Laat dit vooraf ontdooi)

Ek het 'n heerlike kookmengsel wat ek in al my bak, kook, braaiwerk gebruik en daarvan het ek: 1 t oorgestrooi. Jy kan maar net jou eie speserye gebruik waarvoor jy lief is. Sit die deksel op kyk dat dit goed gesël is en stoomkook vir 30 minute op 7.

(My stoof is van 1 - 8 gemerk.)

*** Haal pot van die stoof af en sit dit op jou werkoppervlakte neer.

Nou: Neem die houtlepel en druk dit onder die uitlaatklep in sodat die stoom vinnig kan ontsnap.... moenie die uitlaatklep afhaal nie... - OF sit die pot in die wasbak en laat die koue water oor die deksel loop tot al die stoom af is...moenie die uitlaatklep afhaal voor die tyd nie.... dan maak jy dit oop en kyk of die water nog reg is. Roer dit so 'n bietjie om.

>>>

As daar nog water kort, dan voeg jy by... prik die vleis en kyk of dit al sag is... al dan nie kook jy dit vir nog 20 minute verder in die stoompot.

Daarna word die stoompot weer oopgemaak soos beskryf by***.

>>>

Voeg jou halwe aartappels by en kook weer vir 15 minute tot gaar en sag maar nou kan jy 'n gewone deksel op die pot sit. Kook aartappels tot gaar en sag en die mielies, en vleis moet nie te veel water op hê nie... net reg wees vir eet.

Gekook op: 23/06/2015 in my 7 liter stoompot.

Naomi le Roux.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page