Blatjang aartappels
- Pick n Pay
- Jun 30, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
6-8 middelslag aartappels
sout
1 k (250ml) vrugte-blatjang
1 k (250ml) kookwater
½ k (125ml) mayonnaise
1 pakkie dik wituiesoppoeier
Metode:
Kook aartappels in skil net tot sag.
Berei ‘n indirekte vuur voor.
Dreineer die aartappels en halveer elkeen met skil en al.
Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo in ‘n vlak oondvaste bak met ‘n inhoud van ± 2,5 liter.
Meng die res van die bestanddele in ‘n bak en skep dit oor die aartappels en bak vir ‘n halfuur lank.
Comentarios