Minnie Redelinghuys se ROMERIGE KNOFFEL KAAS-AARTAPPELS Mooiplaatsie Promosie
- Minnie Redelinghuys
- Jun 30, 2015
- 2 min read

1 x Sakkie Klein Aartappels (nie die heel kleintjies nie, so omtrent 1kg)
3-4 Knoffelhuisies (gekap of deur garlic press gedruk) Jy kan meer knoffel gebruik
50ml Botter
25ml Olyf olie
Half cm vars gemmer stukkie (duimdikte) fyn gekap (kan uitgelaat word)
1 x Knorr Veggie Stock Blokkie (gel tipe)
5ml Roberston “Veggie Spice”
25ml Mielieblom (Corn Starch)
25ml Dik wit uie sop (kan uitgelaat word en sout gebruik na smaak)
125ml Melk (room kan ipv melk gebruik word)
Handvol vars Pietersielie (gekap)
1-2 koppies Cheddar kaas (so baie kaas as wat jy van hou)
Gerookte Paprika
1. Stoom aartappels met skil tot gaar – nie pap nie! Begins solank met die sous.
2. In ‘n groot pan: Voeg by jou botter, olie, knoffel en gemmer en smelt oor lae hitte.
3. Laat dit stadig oor lae hitte (baie saggies) geur trek en jy die knoffel en gemmer kan ruik – moenie dit laat bruin word nie.
4. Voeg die Veggie stock blokkie by en roer tot opgelos.
5. Meng die Veggie spice, mielieblom en dik wit uiesop in beker of bakkie, meng die melk bietjies-gewys en klop met ‘n vurk om klonte te voorkom.
6. Voeg die mengsel stadig by in die pan en roer met ballon klitser. (indien die sous te dik is kan nog melk of water bygevoeg word. Onthou die kaas kom ook nog by….
7. Kook die mengsel oor lae hitte totdat die mielieblom gaar is.
8. Voeg die gestoomde aartappels, pietersielie en dan kaas by.
9. Laat staan op laagste hitte vir ongeveer 10 minute en roer nou en dan.
10. Skep in opdienbak en sprinkel Paprika en bietjie vars pietersielie oor.
11. Eet dit as bygereg saam met braaivleis of enige ete van jou keuse.
Elkeen het sy eie smaak, meer knoffel, minder knoffel, ryk met room of ligter met melk. Bietjie byt? Voeg bietjie Tobasco by of vars chillies. Meer kaas, minder kaas…gaan mal!

コメント