Rhona Peens se GLUTENVRYE CRUNCHIES Mooiplaatsie Promosie
- Rhona Peens
- Jun 30, 2015
- 1 min read

750 ml (3 koppies) Klapper
375 ml (1 1/2 koppies) Bruinsuiker
1000 ml (4 koppies) Hawermout
375 ml (1 1/2 koppies) Glutenvrye Bruismeel
5 ml Sout
5 ml Kaneel
250 g Botter of Margarien gesmelt
45 ml (3 eetlepels) Gouestroop
10 ml Koeksoda opgelos in 125 ml (1/2 koppie) melk
Verhit oond tot 180 grade Celsius
Meng 1ste 6 bestanddele met 'n draadklitser
Smelt botter en gouestroop saam
Voeg koeksoda en melk by en meng goed
Meng met droë bestanddele tot alles deeglik gemeng is
Spuit jou grootste oondpan en druk die mengsel gelyk en styf daarin
Bak op die middelrak van die oond vir 25 minute
Sny in blokkie en laat in pan afkoel.
Lig met eierspaan uit die pan en berg in 'n digte houer

Comments