Rhona Peens se GRONDBOONTJIEKOEKIES Mooiplaatsie Promosie
- Rhona Peens
- Jun 30, 2015
- 1 min read

1 Eier
250 ml (1 koppie) Suiker
250 ml (1 koppie) Grondboontjiebotter
Verhit oond tot 180 grade Celsius.
Klits eier en suiker tot lig en donsig.
Voeg grondboontjiebotter by en meng goed met 'n metaallepel.
Rol balletjies en druk plat in 'n gesmeerde kolwyntjiepannetjie.
Dit is net nodig om die eerste keer te spuit.
Bak vir 10 minute op die middelste rak van die voorverhitte oond.
Laat in pannetjie afkoel. Lig met 'n mes uit die pan en verpak soos verlang.
תגובות