Rhona Peens se PASTA MET SAMPIOENE EN KAASKRULLE Mooiplaatsie Promosie
- Rhona Peens
- Jun 30, 2015
- 1 min read

500 g Pasta van jou keuse
1 groot Pak Kaaskrulle
250 g Knopiessampioene liggies gebraai in botter
1 teelepel Sout
1 eetlepel Kookolie
125 ml Melk
15 ml Botter
Gerasperde kaas van jou keuse
Olywe om mee te garneer
Kook pasta gaar volgens aanwysings op die pakkie.
Dreineer in 'n vergietes.
Gooi terug in kastrol en voeg die melk en botter by en laat opkook
Roer die Pak Kaaskrulle by. Pasop vir brand.
Sampioene kan ingeroer of Bo-oor gestrooi word.
Voeg sout by indien verkies.
Strooi gerasperde kaas en olywe oor.

Comments