Vinnige kerriesous vir pasta
- Barbara Joubert
- Jun 30, 2015
- 1 min read

(6 porsies)
2 eetlepels olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
600 g klein rosa-tamaties, gehalveer in die lengte
8 sprietuie, gekap
250 ml gekapte pietersielie
3 takkies vars tiemie
30 ml kerriepoeier
500 ml klappermelk
30 ml borrie
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
500 g gnocchipasta
Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die ui en knoffel saam vir 3 minute. Voeg die rosa-tamaties en sprietuie by. Braai vir 5 minute. Voeg die res van die bestanddele (buiten die pasta) by en geur met sout en swartpeper. Laat die sous vir 20 tot 30 minute oor stadige hitte kook. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer die pasta en roer die sous deur. Sit onmiddellik voor. Sit voor saam met ’n Franse brood en ’n blaarslaai.
Comments