ASPERSIEVIS
- marindakook
- Jul 1, 2015
- 1 min read

Ons eet oor die algemeen te min vis in hierdie mooie land van ons. Die beskikbaarheid en gehalte van bevrore vis is goed. Die gereg kan as n hoofgereg of as n voorgereg gebruik word. Mense dink jy het baie moeite gedoen en eintlik is dit n een-bak-gereg
BENODIG:
6 stokvis/hake porsies
1 blikkie of botteltjie aspersies ( hou die water waarin hulle kom)
250 ml suurroom
250 ml witwyn
125 ml melk
1 pakkie sampioensoppoeier
250 ml gerasperde kaas
10 ml mostert
125 ml water
visspesery of sout en peper
NOU:
smeer n oondbak en pak jou vis in die bak
geur met jou visspesery of met sout en peper
pak die aspersies bo-op die vis
meng die sampioensop, die sous van die aspersies, room, water, wyn en melk saam
gooi die mengsel oor die vis en aspersies
maak toe met tinfoelie en bak vir 15 min by 180 grade celsius
haal die foelie af en gooi kaas oor (jy kan soveel kaas as wat jy wil oor die vis strooi)
bak nou vir nog 15 min oop
Bedien die vis-heerlikheid met groente, kapokaartappels of n vars slaai.
コメント