Tuna en Groente Pof Pakkies
- Boerekos Kook & Geniet
- Jul 1, 2015
- 1 min read

Tuna en Groente Pof Pakkies………is maklik om te maak en lekker!!
Jy het nodig:
1 blikkie tuna – chunks
6 sampioene in skywe
1 geel soetrissie in blokkies
1 rooi soetrissie in blokkies
1 ui, gekap
Handvol groen olywe in snye
2 kop gevriesde gemengde groente
2 knoffelhuisies
1/2 teelepel paprika
knypiel sout
1/2 teelepel peper
2 eiergele, geklits
Italiaanse kruie
So gemaak:
In ‘n diep pan met wat olie, braai die groente, uie en knoffel (behalwe die olywe) met die kruie tot amper sag. Skep die olywe en die stukke gebliktee tuna daardeur en warm op tot kookpunt. Laat dit afkoel.
Neem ‘n blaardeegvel en sny dit in twee dele . Sny in die een helfte inkepings en lê op die ander helfte wat van die vulling
Vou dan die deel met die inkepings oor die deel met die vulling en druk die kante goed aan (ek neem die pakkie in my hande en druk met vingers die kante goed plat, sodat hulle nie los gaan).
Jy het dan ‘n mooi vierkant pakkie.
Smeer die pofpakkies met geklitste eiergele en sprinkel met italiaans kruie.
Bak in die voorverhitte oond 220 grade., 20-25 minute tot goudbruin.
Comments