Verkilde Komkommer & Beet Yogurt Sop met Roti Crackers
- Corne Liebenberg
- Jul 1, 2015
- 1 min read

Heerlik verfrissend in die somerhitte!
Bestanddele:
500 ml gewone yogurt
4 komkommers in geskil en in blokkies gesny.
6 bete, ongeskil vir 10 minute gaargemaak in die mikrogolf in 'n sak
1/4 teelepel neutmuskaat
Yswater om te verdun
Sout en peper na smaak.
Metode:
Versap die yogurt, komkommer, beet en geurmiddels saam.
Verdun met yswater tot die verlangde dikte.
Bedien yskoud saam met roti crackers en kruiebotter.
Vir die crackers:
Roti, of naan platbrood.
Droog in die oond en breek in stukke.
Ek droog in die halogene oondjie vir 15 minute op die hoogste temperatuur.
Kruiebotter
Meng 250g botter met jou gunsteling kruie.
Bedien die sop yskoud.
댓글