Dirk se mielie tert
- RSG
- Jul 2, 2015
- 1 min read

Hierdie is lekker saam met braaivleis
4 eiers
2 groot blikke roommielies
60 ml koekmeel
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
15 ml bakpoeier
Meng alles met ‘n hand klitser en gooi in ‘n oondbak en bak vir 40 minute teen 180 grade tot goudbruin.
Deur: Elsa du Plessis - In en om die Huis
Wenk, gooi halwe pak gemengde gevriesde groente onder in jou bak en die beslag bo-oor en bak - dit is HEERLIK (Rens)
ความคิดเห็น