Vicky Muir se GEURIGE GESONDHEID GROENTESOP Mooiplaatsie Promosie
- Vicky Muir
- Jul 2, 2015
- 1 min read

Resep lewer ±7 groot porsies (1½ koppie elk)
Bestanddele
3 eetlepels (45 ml) hoender- of beesvleis-aftrekselpoeier
1 eetlepel (15 ml) olyfolie
6 koppies (1,5 liter) kookwater
2 teelepels (10 ml) sout
500 g murgpampoentjies (gesny of gerasper)
700 g wortels (gesny of gerasper)
300 g groenbone (gekerf)
2 sprietuie vir garnering
**Variasies
Voeg kerrie-puree by wanneer die olie gebraai word. Voeg gesnyde seldery by ‘n paar minute voordat die kookproses klaar is.
Metode
Roerbraai die aftrekselpoeier in olyfolie in ‘n diep pot.
Voeg water en sout en dan al die gesnyde groente by.
Kook sowat 20 minute tot nét sag.

Comentarios