KORSLOSE GROENTEGEREG
- Die weduwee se kruik
- Jul 3, 2015
- 1 min read

BESTANDDELE:
500 gram gemengde groente (ek gebruik gevriesde groente)
1 ui gekap
5 repe spekvleis gesnipper
250 ml gerasperde kaas
125 ml olie 2 eiers geklop
1 blik pitmielies gedreineer
125 ml melk
Sout en peper na smaak.
METODE:
Meng al die bestanddele saam.
Skep in 'n vuurvaste oond bak 200mm.
Bak sowat 45 min in voorverhitte oond by 180 grade C
Sit warm voor met braaivleis.
Werk ook lekker as n groente by ete.
Comments