Biltong, Kaas en Uiesop Broodjie
- Lekker Resepte vir Jagters en Boere
- Jul 4, 2015
- 1 min read

Hemelse Broodjies braaivleis bykos of sommer so op sy eie… heerlik.. heerlik…
3 koppies bruismeel
pakkie wit uie soppoeier
500ml Karringmelk
1 kop baie fyn gesnipperde, biltong
1 kop gerasperde cheddar kaas
125ml volroom melk
3 eiers – liggies geklits
knypie rooipeper
maak jou oond lekker warm – 180°C
Meng bruismeel, soppoeier,rooipeper saam. Meng geklitse eiers met melk, gooi by meelmengsel, gooi nou karringmelk , biltong en helfte van die gerasperde kaas by en meng mooi deur. Skep mengsel in gesmeerde broodpan van 23cm, strooi nou met res van die kaas en sprinkel met rooipeper. Bak nou vir 1 uur in voorverhitte oond , toets met pen in die middel…
…. smeer met lekker dik botter
Comments