EIERMANDJIES
- Heerlike Boerekos
- Jul 4, 2015
- 1 min read

1 Ui (gerasper)
1 Tamatie
4 Eiers
½ k Gerasperde kaas
½ k Broodkrummels
METODE:
Neem diep kolwyntjiepannetjies, smeer met botter en sit ń skyfie tamatie onderin. Strooi die uie, kaas en broodkrummels oor, ook sout en peper. Breek dan die eier bo-oor die sout en peper, strooi gerasperde kaas oor en bak in oond tot die eier gaar is.
Indien verkies, kan fyngekapte gaar spek of ham oor die uielaag gestrooi word voordat die eier oor kom. Bedien warm.
Comments