FRIKKADELLE
- Heerlike Boerekos
- Jul 4, 2015
- 1 min read

1 kg beesvleis (kruisskyf, binneboud of stertstuk)
2 tot 3 t sout
½ t peper
110 g of 4 e sousvet
¼ t fyn neut
1 eier
½ t fyn koljander
1 sny growwe brood
2 e asyn of 1 e Worcestersous
1 e suiker
1 middelmatige ui
½ k melk
1. Maal die vleis, die spek en die ui saam.
2. Voeg die sout, peper, neut, asyn en die geklitste eier daarby.
3. Week die brood in die melk, maak dit fyn en voeg die suiker by.
4. Meng die brood en vleismengsel goed saam.
5. Maak 10 tot 12 ronde frikkadelle en rol elkeen in ʼn bietjie meelblom.
6. Pak die frikkadelle in ʼn gesmeerde, vuurvaste bakskottel, sit ʼn klontjie botter bo-op
elkeen en gooi ¼ koppie kookwater by.
7. Bak 1 tot 1½ uur lank in ʼn matige oond by 180ºC (350ºF).
8. Skep van tyd tot tyd van die vloeistof in die skottel oor die frikkadelle en vul die
vloeistof aan met kookwater as dit nodig is.
Comments