GEBRAAIDE EIERVRUG
- Heerlike Boerekos
- Jul 4, 2015
- 1 min read

1. Sny die eiervrug in halfduim skyfies, skil dit af en vryf dit in met sout. Laat die
skyfies omtrent 2 uur lank op mekaar lê met ʼn bord bo-op.
2. Was hulle af en doop die skyfies in geklitste eier.
3. Rol hulle in broodkrummels en braai hulle in warm botter of vet.
4. Dreineer die vet op absorberende papier en dien warm op.
Comments