GESTOOFDE PATATS (Outydse Resep)
- Heerlike Boerekos
- Jul 4, 2015
- 1 min read

6 klein patas of 4 middelmatige patats
¼ t tot ½ t sout
¼ k botter
¼ k water
2 e bruin suiker
1. Was en skil die patats en kook hulle 30 minute lank. Voeg die sout by.
2. Sny elke patat in die lengte deur en plaas in ʼn vuurvaste bakskottel.
3. Maak ʼn stroop van laasgenoemde drie bestanddele deur die suiker in die kokende
water op te los en die botter by te voeg. Verhit tot did botter gesmelt is. As ʼn mooi
bruin stroop verlang word, kan die suiker eers droog in ʼn kastrol verhit word terwyl
dit aanhoudend met ʼn houtlepel geroer word tot dit mooi bruin en gesmelt is. Voeg
dan die kokende water daarby, roer tot dit in die water opgelos is en voeg die botter
by.
4. Gooi hierdie stroop nou oor die patats, voeg ʼn paar stukkies kaneel by vir geur, en
bak omtrent 30 minute lank in ʼn warm oond by 200ºC (400ºF) tot dit bruin is.
Comments