GESTOOFDE SKAAPVLEIS MET KLUITJIES
- Heerlike Boerekos
- Jul 4, 2015
- 1 min read

1 tot 1½ kg skaapvleis (dikrib of lies)
1 groot geelwortel, in blokkies gesny
1 klein raap, in blokkies gesny
2 middelmatige aartappels, in stukkies gesny
1 groot ui, in skywe gesny
1 e meelblom
Sout en peper na smaak
1. Vee die vleis met ʼn klam doek af en sny dit in geskikte stukke om op te dien.
2. Plaas die vleis in ʼn swaar kastrol en voeg 1 tot 2 k kokende water by.
3. Sit die deksel op en laat dit 1½ uur lank stadig stowe. Vul die vloeistof met
kookwater aan indien nodig.
4. Voeg die groente by en laat dit ʼn verdere 30 minute lank stadig stowe.
5. Meng die meelblom, sout en peper met ʼn bietjie koue water en roer dit by die gereg
tot dit dik is.
6. Sit kluitjies bo-op die vleis en groente sodat hulle nie in die vloeistof is nie en stowe
15 minute lank.
7. Rangskik die kluitjies om die gereg en dien op.
Comments