Heerlike Gesondheidsbeskuit
- Maklike Resepte
- Jul 3, 2015
- 1 min read

'n Heerlike en gesonde beskuit resep.
Bestanddele
- 1 kg volkoringmeel
- 500 ml koekmeel
- 250 ml klapper
- 500 ml fyngemaakte ontbytgraanvlokkies
- 200 ml pitlose rosyne
- 125 ml sonneblomsaad
- 55 ml bakpoeier
- 10 ml sout
- 500 ml suiker
- 250 g margarien, gesmelt
- 250 ml sonneblomolie
- 1 liter kookwater
Metode
Oond
Voorverhit oond op 180C.
Begin deur al die droe bestanddele, behalwe die suiker, saam te meng.
Smelt die margarien en gooi dit in n ander mengbak en meng die suiker, olie en kookwater by.
Voeg dit by die droe bestanddele en meng dit goed.
Skep dan die deeg in twee gesmeerde broodpanne.
Sny die deeg in blokkies met 'n mes wat in warm water gedoop was.
Bak die deeg vir 1 uur, of tot dit gaar is.
Haal uit en laat die beskuit afkoel in die panne.
Keer dit uit, breek in stukke en droog dit uit in n oond op 100C.
Comments