Kaiingbrood
- Lekker Resepte vir Jagters en Boere
- Jul 4, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
1 kg broodmeel
2 t sout
1 pakkie kitsgis
2 t suiker
2 en ½ k louwarm water
1 E olie
2 kop kaiings uitgebraai
So gemaak:
1. Meng die meel, sout, suurdeeg en suiker in ‘n mengbak.
2. Voeg louwarm water met olie hierby en meng tot ‘n deeg.
3. Knie goed en laat dit rys.
4. Knie die deeg weer af.
5. Druk die deeg effens plat en smeer die gemaalde kaiings bo-oor.
6. Knie die kaiings goed in die deeg.
7. Maak die brood op, sit dit in ‘n broodpan en laat dit weer rys voor dit gebak word
Commentaires