top of page

Kerrie en Piesang Frikkadelle

  • Maklike Resepte
  • Jul 3, 2015
  • 2 min read

Kerrie en Piesang Frikkadelle.jpg

'n Smaaklike Kerrie en Piesang Frikkadelle resep, lekker boerekos (6 porsies)

Bestanddele

Frikkadelle

- 2 dik snye witbrood

- 125 ml karringmelk

- 1 kg maer maalvleis

- 1 ui, gerasper

- 1 eier

- 12,5 ml blatjang

- 2 ml kerriepoeier

- 2 ml neutmuskaat

- 2 ml naeltjies

- Sout en peper

- Koekmeelblom

Sous

- 25 ml margarine

- 4 groot uie, gekap

- 25 ml koekmeelblom

- 125 ml asyn

- 15 ml suurlemoensap

- 750 ml water

- 12,5 ml kerriepoeier

- 5 ml borrie

- 37,5 ml appelkooskonfyt

- 12,5 ml blatjang

- 10 ml suiker

- 6 ryp piesangs

Metode

Stoofplaat en oond

Die frikkadelle:

Week die brood in karringmelk en meng dit in met die res van die frikkadelbestandele, alles behalwe die koekmeelblom.

Vorm die frikkadelle, en rol dit in die koekmeelblom en pak dit los in ‘n oondskottel met ‘n deksel.

Voorverhit die oond tot 190° C ( 375° F )

Die sous:

Verhit die margarine in ‘n kastrol, voeg uie by en braai tot dat sag.

Voeg al die ander bestanddele by, behalwe die piesangs en roer.

Sny nou twee van die piesangs in skywe en roer dit by die sous.

Laat die sous prut vir ‘n paar minute tot die piesangs sag is.

Sny die ander 4 piesangs in skywe en strooi oor die frikkadelle in die oondskottel.

Gooi die sous bo-oor, plaas deksel op oondskottel en bak vir 1,5 – 2 uur of tot gaar.

Sit voor saam met rys, klapper en mengelslaai.

Mikrogolf

Maak die frikkadelle: net soos vir die oond, maar voeg 5ml paprika by die koekmeelblom waarin die frikkadelle gerol word. Mikrogolf die frikkadelle 10 minute onbedek op 100% krag.

Herrangskik die frikkadelle na 6 minute.

Die buitenste frikkadelle moet nou in die middel wees, en andersom.

Vir die sous, plaas die margarien en uie in ‘n glasbak en mikrogolf 5 minute onbedek op 100% krag. Voeg die res van die sousbestanddele in, behalwe die piesangs, en roer.

Sny 2 van die piesangs in skyfwe en meng by die sous en mikrogolf vir 7 minute op 100% krag. Roere so elke 2 minute.

Sny die ander 4 piesang in skywe en versprei oor die frikkadelle.

Gooi die sous oor, bedek en mikrogolf vir 10 minute op 50% krag en daarna 5 minute onbedek op 100% krag.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page