top of page

Mengelslaai

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 4, 2015
  • 1 min read

Pampoen moenie Komkommer nie en sing 'n Litchi vir ons Heer!

Jy is Sy Uie kind, Sy oog-Appel!

Laat jou Kersie vir Hom brand, want so by my Kool, Ons Heer sal jou op-Raap en jou bewaar, al is jou naam Pieter of Sielie!

Hy sal nooit Rissie, in Sy arms het Hy jou Beet, met Sy liefde be-Aarbei Hy jou!

Is jy soms harde Koejawel, sal Hy jou nie uit Sy hart Skorsie.

fruit-and-vegetable-wooden-box.jpg

Genoeg vir 8 tot 10 persone

1 kop blaarslaai

3 jong uitjies

1 groenrissie

3 tot 6 radyse

1 komkommer

2 tamaties

Pieterselie

Franse slaaisous

1 appel

1 pynappel

1 avokadopeer

2 piesangs

62 mℓ (1/ 4 k) gekapte okkerneute

125 tot 250 mℓ (1/ 2 tot 1 k) gekookte noedels

Sout

Was en berei die groente en vrugte voor soos nodig.

Vryf `n slaaibak (verkieslik van hout gemaak) met `n huisie knoffel uit.

Breek die slaaiblare in stukkies met die vingers.

Sny die groente en vrugte in stukkies en meng alles saam, behalwe die piesangs.

Strooi soout oor na smaak.

Voeg gekookte noedels by, gooi Franse slaaisous oor en meng net voordat dit opgedien word. Versier met lang skyfies piesangs en pieterselie. (Rol die piesangskyfies vooraf in suurlemoensap.)

L.W. Sommige van die groente – of vrugte – soorte kan weggelaat word na smaak.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page