PYNAPPEL CREMORA TERT
- Lekker-Resepte-Vir-Jagters-en-Boere
- Jul 4, 2015
- 1 min read

500 g cremora
250 ml kookwater
2 x 397 g kondensmelk - verkoel oornag in yskas
250 ml suurlemoensap
12 tennisbeskuitjies (ek maak 'n krummelkors van 1 en halwe pakkies tennisbeskuitjies met gesmelte botter.)
410 g blik fyngemaakte pynappels
*Kan ook klein marshmellows en gesnipperde kersies ingooi
Los die cremora in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas - dit MOET YSKOUD wees.
Roer die kondensmelk by en klits tot styf.
Klits die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel (SAP GEDREINEER) deur.
Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en gooi die mengsel bo oor
Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies.
H van Wyk
Toe 'n destydse vriendin vir my die resep gegee het het sy ook my ook 'n tip gegee: Die aangemaakte cremora moet nie net afkoel nie, maar baie goed koud wees - Ek plaas altyd die cremora ongeveer 10-15 minute in die vrieshokkie van die yskas. (Maar hou dit mooi dop dat dit nie vries nie!)
Comments