Roosterbrood Resep
- Susan Skeepers
- Jul 4, 2015
- 1 min read

Die geheim van n goeie roosterbrood is in die knie van die deeg
'n Mens moet nie hastig wees nie knie die deeg vir ten minste so 10 minute
Bestanddele
- 2 koppies witbroodmeel
- 2 eetlepels sout
- 1 eetlepel suiker
- 45 g botter
- 1 pakkie (10 g) droë gis
- 300 ml louwarm water
Metode
Meng al die droë bestanddele bymekaar en vryf dan die botter in.
Voeg dan die pakkie gis by en meng dit deur.
Gooi louwarm water by totdat dit ’n stywe deeg maak.
Nou knie die deeg vir ten minste 10 minute en laat staan dit dan vir 5 minute.
Deeg rys die beste as dit in n vatdoek toegevou word en in die son gelos word.
Maak nou die roosterbroode, elkeen moet omtrent so groot wees soos ’n hoendereier wees en laat dit dan rys vir omtrent 15-20 min, tot die roosterbroode se groote omtrent vedubble het.
Bak die broode oor matige kole op 'n rooster.
As die kole te warm is, gaan die buitenste gedeelte verbrand en die roosterbroode se binnekante nog rou wees.
Draai die roosterbroode gereeld om totdat dit ligbruin buite is en binne deurgaar is.
’n Gaar roosterbrood het ’n hol klank wanneer jy op dit klop.
Comments