Sampioensous
- Lekker-Resepte-Vir-Jagters-en-Boere
- Jul 4, 2015
- 1 min read

500 g sampioene, in skywe gesny
300 ml melk
5 ml fyn neutmuskaat
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
15 ml botter
1 knoffelhuisie, gekap
15 ml koekmeelblom
10 ml vars, gekapte koljanderblare
Plaas die sampioene en die melk in n kastrol, voeg die neutmuskaat, sout en peper by en laat dit 10 minute lank prut. Dreineer die melk en hou dit eenkant. Smelt die botter, soteer die knoffel 1 minuut lank en roer die koekmeelblom by. Voeg die melk gelydelik by terwyl die mengsel aanhoudend geroer word. Wanneer die sous verdik, word die sampioene en koljanderblare bygevoeg.
Opmerkingen