top of page

"SPESIALE STEAK' waarvoor almal vra - in die prutpot

  • Lekker-Resepte-Vir-Jagters-en-Boere
  • Jul 4, 2015
  • 2 min read

spesiale steak.jpg

Ek gebruik maar net 1 pakkie bruin uie soppoeier en so 'n koppie meel, gooi dit saam in 'n plastiek sak en ...skud goed. Nou neem jy jou stukke tenderized steak en skud dit weer in die sak met die meel mengsel, braai dit vinnig in 'n pan met olie, jy seel eintlik net die lot so bietjie. Dan pak jy hierdie stukke steak in 'n prutpot in lae met jou sous bestanddele. Die sous bestanddele is soos volg: Half koppie tamatie sous koppie chutney half koppie Worcestersous half koppie kookolie/olyfolie, meng goed braai gekapte uie in pan

(Dit hang af hoeveel stukke steak jy gaan gebruik) Meng dan hierdie sous mengsel met die gebraaide uie .(Ek roer gewoonlik op hierdie stadium 'n mespunt koeksoda by my sous mengsel (die tamatiesous kan die sous soms te suur laat smaak) . Dan skep jy hierdie stukke steak en sous om die beurt in die pot en laat prut op Low vir so een en 'n half uur. Ek kan jou verseker mense lek hul lippe af .

Moet net nie sout byvoeg nie want onthou jou bruin uie soppoeier is sout genoeg. Ek maak soms net om die sous bietjie diker te maak die meel en Margerine mengsel aan en strooi dit so oor die verskillende lae. steak maak ek dan so: Braai in pan 1 groot uie in ringe gesny. Skep uit. Druk die steak in die souspoeiermengsel en bruin aan albei kante. Skep die uie en steak in lagies in die Prutpot. Maak in die pan waarin jy die steak geseel het, omtrent so 1 tot 2 koppies sous, met die souspoeiermengsel. Gooi dit oor die steak. Klein sampioene kan bygevoeg word. Laat stadig op Low vir so 2 ure prut. Dis baie lekker en sag.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page