Vienna, Aartappel, Uie, Origanum Frittata
- Corne Liebenberg
- Jul 4, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
1 groot aartappel in blokkies gesny
2 uie gesny
300g viennas in ringe gesny
1/2 teelepel sout
1/2 teelepel droe origanum
Swartpeper
1/2 teelepel knoffelpoeier
4 eiers
1 tamatie in skywe gesny
200ml melk
50g margarien
Metode:
Kook die uie en aartappel in 'n bietjie water tot die aartappel blokkies sag is.
Voeg die margarien by en braai liggies.
Voeg die viennas by en braai.
Klits die eiers, melk, sout, peper, knoffelpoeier en origanum saam tot skuimerig.
Maak die aartappelmengsel gelyk in die pan en kyk dat die viennas mooi versprei is.
Giet die eiermengsel oor die aartappelmengsel en stel die plaat op sy stadigste sodat die eier net stol en nie braai nie.
Pak die tamatieskywe op die frittata en geur met sout en peper.
Strooi origanum oor die tamaties.
Rooster onder die oondelement tot die eier gaar en opgepof is.
Oppas vir brand!
Bedien saam met groenslaai en roosterbrood
Comments