Boerewors-"sliders" met tamatiesalsa
- The Rainbow Team
- Jul 5, 2015
- 1 min read

Bestanddele
1 pak (ongeveer 400 g) boerewors, vleis uit omhulsel gedruk
olyfolie
1 blik (400 g) tamatie-en-uiemengsel
1 t (5 ml) fyn brandrissievlokkies
1 t (5 ml) gewone of gerookte paprika
sout en gemaalde swartpeper
1/4 ysbergslaai, gesnipper
2 groot agurkies, gesny
1 pak (12) mini-burgerrolletjies
Metode
Vorm worsvleis in 12 klein patties.
Verhit 'n skeut olie in 'n pan en braai die patties tot goudbruin en deurgaar.
Dreineer op kombuispapier.
Verhit tamatie-en-uiemengsel en speserye saam in 'n klein kastrol.
Geur goed.
Stappel slaai en agurkies (uie- en tamatieringe kan ook bygevoeg word) op die rolletjies en sit die patties bo-op.
Skep sous oor en sit voor.
Bron: Kook en Kuier (Pick 'n Pay)
Comments