top of page

Eiervrugpizzas met slaai

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 5, 2015
  • 1 min read

eiervrugpizza.jpg

Eiervrugpizzas met slaai

Bestanddele

2 groot eiervrugte

30 ml (2 e) growwe sout

2 wiele fetakaas, grof gekrummel

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

TAMATIESOUS

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) olyfolie

30 ml (2 e) tamatiepasta

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

15 ml (1 e) suiker

sout en vars gemaalde peper

SLAAI

15 ml (1 e) olyfolie

6 murgpampoentjies, in linte gesny met ’n groenteskiller

sout en vars gemaalde peper

10 g roketblare

60 ml (¼ k) gesplinterde amandels (opsioneel)

SLAAISOUS

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) witwynasyn

2 ml (½ t) Dijonmosterd

1 knoffelhuisie, fyngedruk

Metode

Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

Sny die eiervrugte in skywe van 2 cm dik. Sprinkel die sout oor en sit in ’n vergiettes.

Tamatiesous: Braai die ui en knoffel in die verhitte olyfolie.

Voeg die tamatiepasta en tamaties by en bring tot kookpunt. Laat prut tot gereduseer.

Geur met die suiker, sout en vars gemaalde peper.

Vee die sout van die eiervrug af, klad droog, pak op die bereide bakplaat en bak 10 minute.

Skep ’n lepel van die tamatiesous op elke eiervrugskyf.

Sprinkel die kase oor en bak nog 5-10 minute tot gesmelt.

Slaai: Vryf die olyfolie deur die murgpampoentjielinte en skroei alkant in ’n ysterpan.

Slaaisous: Klits die slaaisousbestanddele saam en meng deur die murgpampoentjies en die res van die slaaibestanddele. Sit voor saam met die pizzas.

Bron: Huisgenoot

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page