FORTUINKOEKIES
- Show Me
- Jul 5, 2015
- 1 min read

(maak 12)
Skryf dankie-sê boodskappe vir Ma op strokies papier en draai hulle in fyn fortuinkoekies toe.
Bestanddele
2 eierwitte
80ml (1/3 koppie) strooisuiker
80ml (1/3 koppie) koekmeel, gesif
vanieljegeursel
45ml (3 eetlepels) botter, gesmelt
Voorverhit die oond tot 160°C. Sny ‘n 8 cm-sirkel uit asetaat (transparantpapier). Gebruik die deel met die gat in. Sny papiertjies van 12cm x 12cm en skryf Moedersdag-boodskappe daarop.
Metode
Klop die eierwitte tot sagte punte vorm. Klop die suiker geleidelik by.
Vou eers die meel in, dan die vanielje en botter.
Sit die asetaat stensil op ‘n bakplaat met ‘n silikoonmat (silpad). Skep ‘n plat eetlepel van die deeg in die middel van die stensil. Smeer plat en egalig, herhaal. Maak twee koekies op ‘n slag. Verwyder die stensil en bak vir sowat 5 minute tot die kante begin verkleur.
Hou die bakplaat in die oond om die koekies langer buigbaar te hou. Maak die koekies met ‘n paletmes los. Sit ‘n boodskap papiertjie in die middel van elke sirkel, vou toe om ‘n haltmaan te vorm en vorm oor die rand van ‘n koppie sodat die halfmaan koekie op sy rugkant oor die koppie hang. Laat afkoel. Herhaal met die res van die deeg.
Comments