Geroomde Sampioene en Spinasie op Roosterbrood
- Sarie Kos
- Jul 5, 2015
- 1 min read

(Genoeg vir 4 snye)
Bestanddele
500 g sampioene
400 g spinasieblare
40 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
250 g creme fraiche
sout en varsgemaalde swartpeper
geroosterde ciabattabrood
Metode
Sny 500 g sampioene in skywe.
Verhit sowat 40 ml olyfolie in 'n diep pan.
Voeg sampioene en 2 fyngekapte knoffelhuisies by.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en braai tot sampioene sag is.
Voeg 400 g spinasieblare by sampioene en braai tot blare verlep het.
Voeg 250 g creme fraiche by en roer deur tot creme fraiche warm is.
Sit voor met snye geroosterde ciabattabrood.
Bron: Sarie Kos
Comments