Geroomde Spinasie
- Krummel vir Krummel
- Jul 5, 2015
- 1 min read

Geroomde Spinasie
Bestanddele:
1 bossie spinasie
15 ml botter
125 ml room
10 ml suiker
knippie sout, peper en neutmuskaat
15 ml suurlemoensap
Metode:
Was die spinasie deeglik af in ‘n groot wasbak vol water. Kerf fyn. Smelt die botter in ‘n middelgroot swaarboom kastrol. Gooi die nat, gekerfde spinasie in die botter en roerbraai tot net verlep.
Voeg die room by en laat vinnig kook om die vog in te damp en geur te konsentreer. Geur met sout, peper, neut, suurlemoensap en suiker.
*Nota: Fyn, bros gebraaide spek kan heel laaste bygevoeg word.
Comments