Geroosterde vark met gebakte appel
- Michelle Saunders
- Jul 5, 2015
- 1 min read

Maklike en lekker geroosterde vark met gebakte appels resep, genoeg vir 6 tot 8 porsies.
Bestanddele
- sowat 1,3 kg gerolde varklies
- 20 ml droë vinkel
- 4 knoffelhuisies, fyngedruk
- sowat 50 ml olyfolie
- sap van 2 suurlemoene
- sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- 6-8 Granny Smith-appels, met pitte verwyder
Metode
Oond
Plaas die gerolde varklies in 'n oondroosterpan.
Voorverhit oond teen 180 °C.
Sny klein kepies bo in die velgedeelte van die varklies.
Gebruik 'n stamper en vysel en stamp die droë vinkel effens fyn.
Vryf die gerolde varklies met die vinkel en knoffel veral in die kepies.
Bedruip dit dan met die suurlemoensap en olyfolie.
Geur dit met sout en vars gemaalde swartpeper en plaas die pan in die voorverhitte oond. Los dit vir 2 ure in die oond. Ná so 1 uur kan jy van die vleissap wat uitgekook het met ’n kwassie weer oor die vleis smeer.
Ná so 2 ure, kan jy die appels om die vleis pak en bedruip met van die uitgekookde vleissap.
Rooster verder vir ongeveer nog 'n uur.
Comentarios