Heerlike Skenkels
- Michael Coetzee
- Jul 5, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
skaapskenkels
uie in ringe gesny
wortels
sout
swartpeper
worcestersousspeserye
Robertsons rustic garlic & herb
1 koppie soetwyn
halwe bottel rooiwyn
heuning
tamatiepasta
wocestersous
bruinsuiker
sampioene
1 eetlepel meel
aartappels
boontjies
Vriende, daar was navrae rondom 'n reseppie vir hierdie outjie.... Wel, eintlik is daar niks snaaks aan nie.... Ek het die skenkels eers in die swartpot gebruin en toe uitgehaal.... Uie is in ringe gesny en wortels is ook begevoeg en dit het onderin die platboompot hul lê gekry.... Die skenkels is op die uie neergelê met hul speserye wat bestaan het uit sout, swartpeper, worcestersousspeserye, Robertsons se Rustic Garlic en Herbs.... Ek het 'n koppie soetwyn oorgegooi en daarna 'n halwe bottel rooiwyn.... Die manne het vir 2.5 ure in die pot gekuier teen 160 grade.... Na die 2.5 ure het ek die ouens laat regop sit en eers alle sous afgegooi en toe onder die grill gesit met 'n basting wat ek gemaak het van die souserigheid waarin die skenkels gebak het en heuning, tamatiepasta, worcestersous en bruinsuiker.... Twee maal gebaste terwyl hulle gegrill het.... Die sous wat ek afgegooi het het sampioene bygekry met 'n eetlepel meel om die ou lekker dik te kry... Die vleis was aan die einde op die sous bedien... Die aartappels is basies gewone gebakte aartappels en die geel kleur is van 'n bietjie borrie waarmee ek hul ingevryf het.... Die boontjies was 4 minute in die micro en daarna in 'n pan met olyfolie, sout, swartpeper, botter en knoffel....
Comments