Kondensmelk-kampvuur-koffie
- Foto: Naomi Coetzee
- Jul 5, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
1 Kampvuur
1 Blik ketel
Koffiehuis koffiesakkies
Kondensmelk
Blikbekers
'n Teelepel om te roer
So maak jy:
Plaas die koffiesakkies in die blikketel vol water op die vuur.
Laat kook vir 10 minute vir lekker sterk koffie.
Skink die koffie in 'n blikbeker.
Roer kondensmelk in na smaak.
Sit terug, geniet jou koffie in die natuur en tel jou seeninge!
Comments