Lizelle Wilkinson: Student-wat-na-mamma-verlang-sop Mooiplaatsie Promosie
- Lizelle Po-po Wilkinson
- Jul 5, 2015
- 1 min read

Ek het sopas hierdie sop gemaak, met 'n idee maar nie geweet hoe dit gaan proe nie en ek het neergeskryf soos wat ek aan gegaan het - Baie Lekker ♡
(genoeg vir 2-4 hang af hoe honger jy is of hoe groot jou bakkies is).
☆ Student-wat-na-mamma-verlang-sop ☆
Bestanddele
~ 1x sop groente pak (by enige kruidenierswinkel beskikbaar) - Rasper die groente.
~ 1/2 ui - baie fyn gekap.
~ 20cm stuk wors uit die dermpie uitgehaal (maalvleis kan ook werk).
~ 1 medium aartappel - geskil en in klein blokkies gesny.
~ 2ml olie.
~ 2ml gemmer (droë).
~ 2ml tiemie (droë) - opsioneel.
~ 5ml woestersous.
~ 5ml woestersous speserye of gewone tafel sout.
~ 1/2 pakkie pick en pay maak "thick vegetable flavour soup" soppoeier.
~ 1 liter gekookte water
Metode
1. Rasper die sopgroente.
2. Braai die uie in die olie tot sag of bruin, voeg by die volgende: gemmer, tiemie, woestersous, woestersous speserye.
3. Voeg gerasperde sopgroente by.
4. Voeg dadelik liter gekookte water bo-oor.
5. Voeg rou maalvleis of worsvleis (uit dermpie uitgehaal) by.
6. Voeg aartappel by (gesny in klein blokkies).
7. Kook 15 min op hoog of tot aartappel sag is en vleis gaar is.
8. Voeg halwe pakkie soppoeier by en roer sodat geen klonte vorm nie.
9. Prut op medium hitte vir sowat 10 min.
10. Laat sop (so bietjie) afkoel en versap tot vloeistof.
11. Sit voor met vars brood en bietjie melk.
12. *ek het wors gebruik en finale produk met sout en peper gegeur.*

Comments