LUI HUISVROU LASAGNE
- Cheese Maker Cheese
- Jul 5, 2015
- 1 min read

Vir daardie dae as jy nie baie tyd het nie, maar iets vinnigs en lekkers soek. Dit vat letterlik 5 minute.
Gerasperde Cheddar kaas of Pizza Mix
2 snye gekoopte brood
Gekoopte pastasous (Ina Paarman of Woolies)
Gekoopte witsous of sampioensous
Rol brood goed plat met koekroller, anders absorbeer dit die sous te vinnig. In ‘n bakkie skep in lagies eers pasta sous (± 4 eetl.), dan witsous (± 4 eetl.), bietjie kaas en dan brood. Herhaal nog 2 maal en eindig met ‘n laag kaas. Mikrogolf vir 1-2 minute tot deurwarm en kaas gesmelt is.
Comments