Maalvleis & spek gevulde soetrissie met kersietamaties
- Pasella
- Jul 5, 2015
- 1 min read

Maalvleis & spek gevulde soetrissie met kersietamaties
Bestanddele
2 soetrissies (green, red of yellow peppers), uitgehol
olyfolie
sout en peper
Vulsel:
1 rooi ui, gekap
250 g maalvleis
1 pak spek, opgesny
knoffel
soetrissie
songedroogde tamaties
1 tamatie
5 ml suiker
10 ml donker soyasous
10 ml bruin uie soppoeier
cheddar kaas
Sous:
kersietamaties
balsamiese asyn
suiker
sout
paprika
swartpeper
Metode
Plaas 2 uitgeholde groot soetrissies (sprinkel met olyf olie, sout en peper) in die oond op 180 grade Celsius en bak vir 15 tot 20 minute.
Terwyl dit bak maak die vulsel:
Braai 1 gekapte rooi ui saam met maalvleis, spek (opgesny), knoffel en soetrissie.
Voeg dan 'n paar songedroogde tamaties, 1 tamatie, 5 ml suiker, 10 ml donker soyasous en 10 ml bruin uie soppoeier by. As die sous dikker is, haal van die hitte af.
Haal die soetrissie uit die oond en vul met die maalvleis mengsel. Bak vir 15 tot 20 minute teen 180 grade Celsius tot die rissie sag is na smaak. Sit so bietjie cheddar kaar bo-oor en bak nog so 2 tot 3 minute tot dit smelt.
Sous:
Maak 'n sous met kersietamaties. Braai tamaties saam met balsamiese asyn, suiker, sout, paprika en swart peper.
Bedien op bruin rys met gesnipperde groen ui.
Bron: Pasella
Comments